New Store

Oud-genl. Johan Jooste (64) het gedurende 2006 na 35 jaar se diens in die SA Leër afgetree. Hy is n oorlogsveteraan en het gedurende die laaste dae van sy militêre loopbaan in die generalestaf van die leër in verskeie hoedanighede diens gedoen.

Hy was altyd betrokke by strategie, leierskap-ontwikkeling en kennis bestuur. Afgesien van sy ondervinding het sy studies aan 4 universiteite (oa ń MBA) hom goed te pas gekom.

Hy het in 2006 by ń klein maatskappy wat militêre voertuie vervaardig aangesluit, maar twee jaar later ń betrekking by ń mulitsektorale maatskaappy aanvaar. BAE Systems Land Systems waar hy die direkteur besigheid-ontwikekling was.

Aan die begin van 2013 is hy as Bevelvoerende Offisier spesilale projekte van SANPARKS aangestel, met die verantwoordelikheid van alle aangeleenthede ivm anti-stropery, beplanning en die uitvoering daarvan. Die huidige fokus is renoster stropery in die Krugerwildtuin. Hy is ook besig om ń Wildlewe misdaad en korrupsie bestryding koördinerings sentrum by SANPARKS se hoofkantoor te vestig.

Hy is getroud met Arina en het twee dogters. Hy spandeer graag sy vrye tyd aan fiksheidsprogramme, buitelug aktiwiteite en lees.                                           

31 Augustus 2017 Bospraatjies

Onderwerp: Omgewingsmisdaad - maak of breek.

Oud Genl Johan Jooste praat oor wat hulle oorhoofs doen om wildstropery in die Wildtuin te bekamp. Onderandere wat hulle alles in die lug, grond en agter die skerms doen om dit te verhoed.

Baie tegnologie word ingespan om hierdie optredes en planne so doeltreffend as moontlik uit te voer.

Genl Jooste sal natuurlik ook noem wat ons as publiek kan doen om deur middel van fondse en ander metodes behulpsaam te kan wees. Elkeen van ons moet en kan 'n bydrae lewer.

Die aanslag is geweldig groot en sindikate speel n baie belangrike rol, daarom is die sukses wat behaal word nie noodwendig gewaarborg nie. Die stryd word daagliks gevoer en daar is dusvêr geen sprake van oorwinnig nie.

Kom gesels saam met Oud Generaal Johan Jooste van SANPARKE rakende hierdie onderwerp op 31 Augustus by Safari Outdoor Pretoria.

Hierdie praatjie gaan jou niks uit die sak jaag nie, daar gaan verversings vir die aand wees en 'n 10% afslag op alles sal na die tyd in die winkel beskikbaar wees.

RSVP asb HIER.
Ons sien uit om jou die aand hier te onthaal!

NEWSLETTER SUBSCRIPTIONS