Image Disclaimer: Images are intended for illustrative purposes only and do not form part of any contract or warranty as to what you are purchasing. See full Terms and Conditions.

BRIZA

9781920217327PA

SAPPI VOEL BOEK & ROEPER PAK (BOOK)

Availability: JHB:4+ PTA:0 STB:0 ER:4+

Saartjie Kidson en Herman van Niekerk, die outeurs, het in 2003 ’n leemte in plaaslike voëlboeke raakgesien en ernstig aan ’n nuwe reeks innoverende voëlgidse begin werk. Hulle kennis, liefde vir die natuur en betrokkenheid by voëlkyk en natuurbewaring het hulle paslik toegerus vir so ’n omvangryke projek. Die gewilde Kitsgids tot voëls van die Bosveld en Kitsgids tot voëls van die Laeveld, is voltooi met waarde toevoegende DVD’s en ’n voëlklanke CD daarby.

Daarna is die reuse sprong geneem om basies dieselfde konsepte oor te dra na ’n nasionale Suid-Afrikaanse voëlgids. Gevorderde tegnologie wat deur Briza Publikasies ingespan is, het dit egter nou moontlik gemaak om die afsonderlike DVD met die klankleser® te vervang en sodoende die toeganklikheid van die klanke aansienlik verbeter. ’n Eerste vir Suid-Afrika.

NEWSLETTER SUBSCRIPTIONS