New Store

Image Disclaimer: Images are intended for illustrative purposes only and do not form part of any contract or warranty as to what you are purchasing. This transaction/purchase is subject to the confirmation of price and product by Safari & Outdoor (Pty) Ltd. See full Terms and Conditions.

STRUIK

9781432304089

WEBER BRAAI BYBEL - JAMIE PURVIANCE (BOOK)

Availability: JHB:3 PTA:3 STB:3 ER:2

Weber Braai Bybel is ’n alles-in-een meestersklas oor elke aspek van die gewilde ketelbraai. Of jy nou met gas of houtskool kook, sal hierdie omvattende gids alles dek wat die ywerige eienaar van ’n ketelbraai behoort te weet

Leer hoe om die perfekte steak of ribbetjies gaar te maak, om ’n lamsbeen oop te vlek, om hoenderboudjies en –vlerkies te braai sonder om dit te verbrand, en hoe om ’n kalkoen te berook. Daar is wenke en goeie idees wat die geheime van ’n suksesvolle braai sal onthul, terwyl hoofstukke oor marinades, geurmiddels en souse jou sal inspireer om jou eie kenmerkende smake saam te stel. Van sosati es, tjops en burgers tot meer ingewikkelde spitbraaie, geroosterde groente, pizza oor die kole en piesang-s’mores, is hierdie boek propvol resepte vir braai regdeur die jaar. As braai deel is van jou leefstyl en jy jou buitemuurse kookvernuf wil verbeter, hoef jy nie verder as die Weber Braai Bybel te soek nie!

NEWSLETTER SUBSCRIPTIONS